Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman in Kaapstad geskiet

Die Wes-Kaapse polisie het Woensdag sy 72-uur-aktiveringplan in werking gestel nadat ’n polisielid in Hillview, Muizenberg, geskiet is.

Volgens inligting het die polisieman en twee kollegas in die gebied gewerk toe daar op hulle losgebrand is.

Kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê speurders was Woensdag reeds hard aan die werk om die skuldiges so gou moontlik vas te trek.

“Die voorval het omstreeks 06:00 plaasgevind toe die konstabel van die Muizenbergse polisiekantoor deur onbekende aanvallers in St Edwards-straat geskiet en gewond is. Die polisiebeamptes het die gebied gepatrolleer toe daar op hulle losgebrand is.”

Traut sê die beampte is na ’n plaaslike hospitaal gehaas waar hy opgeneem is. Sy toestand is stabiel.

Die omstandighede rondom die skietvoorval word ondersoek en enigeen met inligting oor die voorval word versoek om die polisie se stopmisdaadnommer by 08600 10111 te bel.

skiet
So is die polisiebeampte deur die ruit geskiet. Foto: Verskaf

Meer oor:  Muizenberg  |  Geskiet  |  Polisielid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.