Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman in Mfuleni doodgeskiet

’n Konstabel in die polisie se spesiale taakmag in die Wes-Kaap is Donderdagaand koelbloedig in die kop geskiet toe vier gewapende mans by sy huis ingebreek en sy vuurwapen geëis het.

Konst. Mlungisi Kidwell Ranaka (38) en sy meisie wat in Tsazo Straat in Mfuleni gebly het, is deur die vier mans oorrompel.

Volgens die polisie was die voorval omstreeks 21:15.

Volgens ingeligte polisiebronne het die aanvallers glo net belanggestel in die konstabel se dienspistool – wat hy nie by hom gehad het nie.

“ ’n Familielid van sy meisie het die owerhede ingelig dat sy die vier inbrekers by die paartjie se slaapkamer sien uitkom het,” sê die bron. Hulle het haar oor die vuurwapen uitgevra en wou weet waar dit gebêre word.

“Die vier is terug na die slaapkamer waar hulle Ranaka vermoedelik gedreig het en hom toe geskiet het.

Hulle het gevlug nadat hulle twee selfone, ’n polisieselfoon en twee televisiestelle gebuit het.”

Inwoners sê die mans het in ’n silwer Toyota Avanza gespring en weggery.

Die polisieman is na ’n hospitaal in Kuilsrivier gebring, maar is met sy aankoms dood verklaar.

Ranaka is oorspronklik van Willowvale in die Oos-Kaap en is al 12 jaar in die polisiediens, waarvan agt in die spesiale taakspan in Kaapstad.

Die Wes-Kaapse polisie het alle navrae na die nasionale polisiekantoor verwys.

Colonel Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, sê genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die polisie in die Wes-Kaap opdrag gegee om ’n dringende soektog na die vier aanvallers te loods.

Sitole het die moord op Ranaka skerp veroordeel.

“Ek is baie hartseer oor hierdie moord op ’n lid van ons elite-groep. Die provinsie het my die versekering gegee dat hulle die 72-uur-aktiveringsplan gemobiliseer het en dat ál die nodige hulpbronne ingespan sal word om die skuldiges op te spoor.”

Sitole het ’n beroep op die gemeenskap van Mfuleni gedoen om die polisie te help om die misdadigers uit die gemeenskap te verwyder.

“Ons het die gemeenskap nodig om ons strate terug te neem.”

* Enigeen met inligting oor die voorval word versoek om die polisie se stopmisdaadnommer by 086 00 10111 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.