Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman se skietdood ’n raaisel
durban, polisieman
Die toneel waar 'n polisielid Sondag in Durban doodgeskiet is. Foto: Rescue Care/Emer-G-Med

’n Raaisel omhul die omstandighede waarin ’n polisiekonstabel Sondag in Durban doodgeskiet is.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die konstabel was verbonde aan die Sydenham-polisiekantoor se misdaadvoorkomingseenheid.

Sy naam sal bekend gemaak word sodra al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

Naidoo sê die konstabel het saam met kollegas die M19-pad tussen Reservoirhills en Pinetown gepatrolleer.

Hulle het ’n Ford Ranger-bakkie langs die pad sien staan. Die voertuig se noodligte was aan.

Terwyl die konstabel na die bakkie geloop het, is verskeie skote vanuit die bakkie op hom geskiet.

Garrith Jamieson van Rescue Care/Emer-G-Med-nooddienste sê die skietery het omstreeks 12:00 gebeur. Volgens hom kon nooddienswerkers met hul aankoms niks meer vir die man doen nie.

“Hy is verskeie kere in die bors geskiet.”

Naidoo sê dit is onduidelik of die bestuurder van die bakkie of ’n passasier op die polisielid geskiet het.

Die polisie se forensiese eenheid en die Valke het Sondag die toneel vir leidrade gefynkam.

Die bestuurder van die bakkie het weggejaag ná die skietery, maar ’n man het homself later by die Sydenham-polisiekantoor oorgegee. 

Naidoo sê die man is in aanhouding en sal van moord aangekla word.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, het sy skok oor die moord uitgespreek.

Meer oor:  Durban  |  Polisieman  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.