Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman skiet inbreker dood

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ’n voorval waartydens ’n Bloemfonteinse polisiebeampte, wat van diens af was, ’n man doodgeskiet het wat na bewering by sy huis ingebreek het.

Sontaga Seisa, Opod-woordvoerder, sê hulle het ’n oproep gekry van ’n noodlottige skietery by ’n huis in Ehrlichpark in die stad waarby ’n polisievuurwapen betrokke was.

Die adjudantoffisier van die polisie se misdaadrekordsentrum was na bewering nie Donderdag tuis ten tyde van die beweerde inbraak nie, maar sy kind wel. Die huisalarm het glo afgegaan waarna die polisiebeampte ’n oproep gekry het van ’n voorval by sy huis.

Volgens Seisa het die geregsdienaar met sy aankoms by die huis die vermeende inbreker gewaar en hom agternagesit. Hy het vier skote afgevuur waarvan een die man in die lyf getref het.

Hy het die man daarna na ’n hospitaal geneem, maar hy is aan sy skietwond dood, sê Seisa.

Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Volgens Seisa sal ’n lykskouing gedoen word en die ondersoek sal bepaal presies waar en wanneer (in die polisiebeampte se huis of terwyl hy die vermeende inbreker agternagesit het) die oorledene geskiet is. Die dossier sal dan daarna na die nasionale vervolgingsgesag verwys word vir ’n besluit oor vervolging.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Opod-Woordvoerder  |  Sontaga Seisa  |  Ehrlichpark  |  Bloemfontein  |  Inbreker  |  Polisieman  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.