Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman skiet vrou, toe homself

’n Polisiebeampte het vermoedelik sy eie lewe geneem ná ’n rusie waarin hy ’n vrou doodgeskiet het.

Die voorval het in George in die Suid-Kaap gebeur nadat die beampte glo sy meisie se 30-jarige suster ná stryery noodlottig gewond het.

Sontaga Seisa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê sers. Mzwamadoda Fuzani, ’n polisiebeampte in Middelburg, het glo sy meisie se suster in die Thembalethu-woonbuurt geskiet.

Die vrou wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is op die toneel aan haar beserings dood.

“Ná die voorval het hy glo na sy meisie begin soek, maar toe hy besef die polisie is op soek na hom, het hy in sy motor na Middelburg gevlug waar hy homself om die lewe gebring het.”

Volgens Seisa was die polisielid tydens die voorval nie aan diens nie.

Die voorval word ondersoek.

Meer oor:  Selfdood  |  Gesinsmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.