Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman sterf in koeëlreen in Khayelitsha

Die polisie in die Wes-Kaap hoop beeldmateriaal sal hulle kan lei na die moordenaars van een van hul kollegas.

Sers. Thabile Mapoma (43) is Donderdag kort ná 06:15 voor sy huis in Harare, Khayelitsha, doodgeskiet.

Hy het in ’n koeëlreën gesterf. Die polisie het 12 patroondoppies vir ’n 9 mm-vuurwapen en 15 patroondoppies vir ’n R5-aanvalsgeweer op die toneel opgetel. Volgens inligting het Mapoma in sy voertuig in die oprit voor sy huis gesit toe hy geskiet is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê Mapoma was van diens af.

Hy was by die Harare-polisiekantoor gestasioneer.

Volgens Rwexana is die motief vir die moord nog onbekend. Dit is ook nog onbekend of Mapoma se dienspistool in die voorval geroof is.

Enigeen met inligting kan Stop Misdaad by 0860 010 111 bel.

Meer oor:  Khayelitsha  |  Sterf  |  Polisieman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.