Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman van Heidedal van korrupsie aangekla

’n Polisieman van Heidedal sal Vrydag op aanklag van korrupsie in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Volgens brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, is die adjudant-offisier Woensdagmiddag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld gevra en aanvaar het van ’n man wat by die polisiekantoor oor sy vermiste pa navraag kom doen het.

“Die beampte het na bewering die man daarvan beskuldig dat hy onwettig in die land is omdat hy nie ’n identiteitsdokument by hom gehad het nie,” sê Makhele.

“Daarna het hy die man se twee selfone en twee stelle sleutels gevat en gesê hy kan dit net terugkry as hy hom R500 betaal.”

Luidens ’n verklaring het die man by ’n vriend geld geleen en die polisie in kennis gestel van die beampte se versoek.

“Die man en sy vriend is terug na die polisiekantoor en het die geld betaal, waarna hy sy besittings teruggekry het.”

Die beampte is deur die provinsiale teenkorrupsiespan, in samewerking met lede van die Parkweg-polisiekantoor, in hegtenis geneem.

Volgens Makhele het hy nog die R500 by hom gehad.

Meer oor:  Vrystaat  |  Heidedal  |  Hof  |  Polisieman  |  Korrupsie  |  Omkoopgeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.