Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman van Nigel glo vermoor toe hy verdagte wou aftrek
Ao. Johan Lewis.

Die polisieman van Nigel wie se lyk Maandag in ’n plaasdam ontdek is, is glo vermoor.

Ao. Johan Lewis (48) is glo eers verskeie kere met ’n mes gesteek, toe geskiet en daarna is sy lyk in die dam gegooi.

Volgens Jan Marais, Lewis se broerskind, word daar vermoed dat twee mense sy oom moontlik oorval het.

Lewis, ’n hengelaar van formaat, was juis verlede Woensdag besig om lyn nat te maak.

Hy het daarná oorgery na ’n kollega om van sy vangs met hom te deel.

Ao. Johan Lewis was veral lief daarvoor om vis te vang. Hy was ook deel van die polisie se visvangspan.

Die kollega woon op ’n plaas naby Nigel. Die kollega was glo nie tuis nie en Lewis het omgedraai. Op pad terug na Nigel het Lewis vermoedelik ’n motorfietsryer teëgekom wat moeilikheid op die pad gemaak het, sê Marais.

Volgens Marais het Lewis die motorfietsryer gevra om te stop, en dié het eers probeer wegjaag, maar wel later gestop.

Lewis is na bewering deur twee persone oorrompel en met ’n mes gesteek en ook geskiet, sê Marais.

Die vermoede bestaan dat die verdagte(s) toe van Lewis se lyk wou ontslae raak en dit in die plaasdam daar naby gegooi het.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag bevestig ’n verbyganger het Maandag Lewis se lyk ontdek nadat hy die versteekte polisievoertuig van die pad af opgemerk het.

Peters het Woensdag aan Netwerk24 gesê dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van Lewis se dood is nie.

Die 21-jarige verdagte wat in verband met die voorval in hegtenis geneem is, sal vandeesweek op ’n klag van moord in die landdroshof in Nigel verskyn. Peters kon nie dadelik bevestig of die polisie na ’n tweede verdagte soek nie.

Lewis was ten tye van sy dood verbonde aan die Springs polisiestasie se afdeling vir binnelandse stabiliteit.

Volgens Marais was sy oom vir meer as 30 jaar ’n polisieman.

“Dit is al wat hy wou geword het ná skool. Toe hy moes kies tussen die weermag en die polisie het hy die polisie gekies,” sê Marais.

Deur die jare het Lewis ook aangesluit by die polisie se visvangspan, en het hy al male sonder tal die span se naam hoog gehou.

Die familie is verpletter oor die nuus van Lewis se dood.

“Hy was ’n goeie ou gewees, wat almal net graag wou help,” sê Marais van sy oom.

Lewis word oorleef deur sy vrou, Jenny, dogter Jeandré, en seun Jean-Pierre, ’n konstabel in die polisie.

Die begrafnisreëlings is nog nie bekend gemaak nie.

Meer oor:  Dam  |  Polisieman  |  Hengelaar  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.