Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman voor sy vrou, dogter doodgeskiet

Die polisie in Gauteng het Donderdag met ’n uitgebreide soektog begin na die moordenaars van ’n polisieman wat in ’n rooftog voor sy gesin in die rug geskiet is.

“Die polisieman was Donderdag van diens af toe die rooftog omstreeks 12:00 by ’n winkel in Vosloorus aan die Oos-Rand afspeel,” sê brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder.

Volgens Peters het die adjudant-offisier, wie se identiteit nog nie bekend gemaak mag word nie, sy vrou en dogter te hulp gesnel.

“Die polisielid se vrou en dogter was reeds in die winkel toe ’n aantal rowers toeslaan. Die polisielid was buite by sy motor, wat hy naby die ingang geparkeer het. Hy is geskiet toe hy op die alarm, wat intussen deur die winkeleienaar geaktiveer is, en die gille van sy vrou en dogter reageer. Hy is kort daarna deur paramedici dood verklaar.”

Peters het namens die topbestuur van die polisie sy innige meegevoel uitgespreek teenoor die oorledene se vrou en dogter wat moes toekyk hoe hy voor hul oë afgemaai word.

“Die polisie se 72-uur-aktiveringsplan is reeds in werking gestel en al die nodige hulpbronne is gemobiliseer om die verdagtes so spoedig moontlik vas te trek,” sê Peters.

Enigiemand wat die polisie in hul ondersoek kan help, word versoek om die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 te bel.

Meer oor:  Vosloorus  |  Rooftog  |  Skietdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.