Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiëring in die Wes-Kaap ‘stort in duie’

Die Suid-Afrikaanse Polisie-vakbond Sapu sê polisiëring in die Wes-Kaap het totaal in duie gestort en moet dringend reggeruk word.

Lt.kol. Andre Kay, wat voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Die vakbond het hom Donderdag skerp uitgespreek nadat lt.kol. Andre Kay voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet is.

“Dié koelbloedige moord op ’n senior polisiebeampte lyk meer en meer soos ’n sluipmoordaanval,” het Tumelo Mogodiseng, Sapu se algemene sekretaris, gesê.

Volgens die vakbond is die ontstellende koers van polisie-moorde in die land eenvoudig onaanvaarbaar.

“Die sluipmoord op lt.kol. Kay is ’n duidelike oorlogsverklaring deur misdadigers. Ons doen ’n beroep op die staat om vinnig op te tree en op die oorlogsverklaring te reageer.”

Sapu sê sy lede voel die verlies net soos wat die Kay-familie, die SAPD en die wetsgehoorsame burgers van die Wes-Kaap dit voel.

“Lt.kol. Kay is dood met sy uniform aan, terwyl hy op pad werk toe was. Dit is ’n simbool van sy totale toewyding aan die stryd teen misdaad. Sy dood sal nie vergeefs wees nie,” het Mogodiseng bygevoeg.

Volgens Sapu tart die misdadigers die mans en vroue in uniform uit en is die voortgesette moorde op die Kaapse Vlakte slegs ’n bevestiging dat die ontplooiing van die weermag in die Wes-Kaap nooit die geweldsmisdaad sou oplos nie.

Die moordtoneel in Bishop Lavis.Foto: Verskaf

“Ons polisielede is sagte teikens en ons het nou nodig dat polisielede te alle tye slaggereed vir moontlike aanvalle is,” het die vakbond gesê.

Mogodiseng het ’n beroep op polisiebestuur gedoen om gespesialiseerde polisie-eenhede terug te bring omdat slegs gespesialiseerde eenhede dié soort misdade doeltreffend kan hanteer.

Volgens hom het hierdie eenhede die nodige vaardighede, kundigheid en vermoë om ernstige geweldsmisdaad te hanteer.

Sapu sê die polisiebestuur sal sy trots in sy sak moet steek en toegee dat dit ’n duur fout was om spesialiseenhede soos moord en roof te ontbind.

Meer oor:  Polisie  |  Sapu  |  Lt.Kol. Andre Kay  |  Wes-Kaap  |  Polisiëring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.