Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisievrou 1 van 3 verdagtes in moordsaak
Konst. Phelisa Makuleni Foto: Facebook

’n Polisievrou van Port Elizabeth het Donderdag self in die beskuldigdebank gestaan toe sy en twee mans van moord aangekla is.

Die moordsaak spruit uit ’n voorval op 13 Junie toe gemeenskapslede op die lyk van Bulelani Jolingana (34) in ’n veld naby Jo Slovo in KwaDwesi afgekom het.

Na bewering was Jolingana in die geselskap van die verdagtes toe hulle hom glo aangerand het. Volgens ’n betroubare bron is Jolingana oënskynlik met ’n stomp voorwerp geslaan wat frakture aan sy kop en kakebeen veroorsaak het.

Konst. Phelisa Makuleni (38) van die Bethelsdorp-polisiekantoor is Woensdagmiddag saam met Pumzile Harry (34) en Zanaye Kolela (36) in hegtenis geneem. Volgens die bron het ooggetuies die verdagtes op die misdaadtoneel geplaas.

Makuleni was tydens haar beweerde betrokkenheid by die moord nie aan diens nie.

Kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, het die inhegtenisneming bevestig en gesê die trio is Donderdag elk op borgtog van R1 000 vrygelaat, op voorwaarde dat hulle nie met die getuies kontak maak nie.

Meer oor:  Phelisa Makuleni  |  Bulelani Jolingana  |  Pe  |  Moordverdagte  |  Moordsaak  |  Polisievrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.