Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisievrou sê Malema het haar aangerand
EFF Leader Julius Malema.
Julius Malema, leier van die EFF.

’n Vroulike lid van die parlementêre beskermings- en veiligheidsdienste het Julius Malema, leier van die EFF daarvan beskuldig dat hy haar aangerand het, het EWN Maandag berig.

Die bewering is glo vervat in die polisie se amptelike voorvalverslag oor die gewelddadige onderonsie Donderdagaand ná pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede tussen EFF-parlementslede en polisiebeamptes.

Video-beeldmateriaal het Vrydagoggend aan die lig gekom wat getoon het hoe Marshall Dlamini, ’n parlementslid van die EFF, ’n polisielid in ’n gang van die parlement klap. Die polisielid was glo verbonde aan die parlementêre beskermings- en veiligheidsdienste.

Malema kan op die video gesien word waar hy sy vinger vir die polisieman waai, waarna Dlamini die man klap.

’n Vrou stoot dan vir Dlamini weg, terwyl ’n ander man tussen Malema en die man wat geklap is, inbeweeg.

Die polisie se verslag oor die voorval lui dat Malema die vrou rof teen die nek gestamp het.

Die EFF het sedertdien beweer dat die voorval in reaksie was op ’n beweerde regse komplot op Malema se lewe, het News24 berig.

Die polisie het die naweek teenoor EWN bevestig dat twee aanrandingsake aanhangig gemaak is - een deur ’n adjudant-offisier en een deur ’n sersant.

Die polisie wou egter na wat berig word nie bevestig of Malema die onderwerp in een van die sake is. - News24

Meer oor:  Eff  |  Julius Malema  |  Aanranding  |  Eff-Leier  |  Beeldmateriaal  |  Polisievrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.