Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisievrou skiet eie baba, baba se pa en haarself

’n Polisiekonstabel (28) het Saterdag haar vyf maande oue babadogtertjie, die baba se pa en haarself doodgeskiet.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê in ’n mediaverklaring die voorval het in Embalenhle naby Secunda plaasgevind. Die polisie het nie die name van die konstabel en haar 33-jarige vriend bekend gemaak nie.

“Die polisie en mediese personeel is van die voorval in kennis gestel,” sê Hlathi. “Toe hulle op die toneel kom, was die vrou reeds dood. Haar baba en die man is na ’n nabygeleë kliniek geneem, waar die man dood is. Die babadogtertjie is gestabiliseer en na ’n hospitaal geneem, maar sy is ook later dood.”

Die polisie ondersoek twee moordsake en doen ook ’n geregtelike doodsondersoek.

Lt.genl. Mondli Zuma, polisiekommissaris in Mpumalanga, het ’n beroep op lede in die provinsie gedoen om hulp te soek wanneer hulle gesinsprobleme het, pleks daarvan om kwessies soos depressie self te probeer oplos.

“Tragiese voorvalle soos hierdie een kan voorkom word indien die betrokke partye professionele hulp kry.”

Zuma sê die polisie het ’n gratis werknemerbystandsprogram waar lede hulp vir geestesgesondheidsprobleme kan kry.

“Ons doen ’n beroep op ons lede om hiervan gebruik te maak om die druk op hulle te verlig.”

Meer oor:  Secunda  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.