Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie-vuurwapen wel afgevuur dag toe hond geskiet is

Die afvuur van ’n polisievuurwapen in die Bloemspruit-gebied buite Bloemfontein is Dinsdag in die polisieregister aangeteken op dieselfde dag as wat ’n polisielid na bewering ’n hond koelbloedig geskiet het.

Spike, 'n labrador-kruising, is ernstig beseer toe hy Dinsdag geskiet is. Die koeël het onder meer sy linkervoorbeen vergruis en dit is Woensdag afgesit. Die hond se wonde word op die foto verbloem. Foto: Facebook/ Bloemfontein SPCA

Dit is bevestig deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) wat die voorval ondersoek.

Volgens Sontaga Seisa, Opod-woordvoerder, is niemand nog in hegtenis geneem nie. Klagte van aanranding word ook teen die betrokke polisielid ondersoek.

Clement Motleleng, die hond se eienaar, en Matthews Mokone, ’n ooggetuie, het Woensdagmiddag in die Parkweg-polisiekantoor klagte van aanranding en dieremishandeling teen minstens een lid van die polisie aanhangig gemaak.

Die klagte spruit ’n voorval waarin die polisielid na bewering die hond, Spike, ’n labrador-kruising van ’n jaar oud, op ’n onbewoonde kleinhoewe geskiet het terwyl verskeie van sy kollegas glo toegekyk het.

Motleleng en Mokone vermoed dat die beampte verbonde aan die polisie se honde-eenheid is. Motleleng beweer dat Spike niks gedoen het om dit te verdien nie. Die mans beweer dat dieselfde beampte hulle daarna aangerand het.

Van links is Clement Motleleng, die hond se eienaar en ooggetuie, Pieter Wepener, dierewelsynsaktivis, en Matthews Mokone, nog ’n ooggetuie, nadat klagte van aanranding en dieremishandeling Woensdagmiddag in die Parkweg-polisiekantoor aanhangig gemaak is. Foto: Marita Herselman
Spike, 'n labrador-kruising, is ernstig beseer toe hy Dinsdag geskiet is. Die hond se wonde is verbloem.Foto: Facebook/ Bloemfontein SPCA

Spike se linkervoorbeen sowel as twee tone aan sy linkeragterpoot moes Woensdag in ’n operasie afgesit word.

Volgens Duán Matthee, ’n inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein, sal

Spike Saterdag nog ’n operasie ondergaan om versplinterde beentjies te verwyder.

Matthee het gesê die DBV wag op die uitslae van Opod se ondersoek voordat hy die saak verder sal voer.

Die DBV het wel Dinsdag ’n draai by die Bloemspruit-polisiekantoor gemaak nadat gesê is dat “’n man in uniform” die skieter was. Daar was toe nog geen afvuur van ’n polisievuurwapen geregistreer nie, het Matthee gesê.

Meer oor:  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.