Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiewapens én rowers steeds soek

Niemand is nog vasgetrek in verband met die vuurwapens wat Saterdag uit die Kareedouw-polisiekantoor in die Oos-Kaap gesteel is nie.

Twee R5-gewere, drie 9-mm-pistole en ’n polisiehandradio is gebuit.

Kapt. Gerda Swart het Saterdagaand bevestig die ondersoek duur voort en niemand is nog vasgetrek nie.

Luidens ’n mediaverklaring van die polisie is die

polisiekantoor omstreeks 01:30 Saterdag beroof.

Vier gewapende rowers het glo ’n konstabel oorval wat by die gemeenskapdienssentrum aan diens was. Hulle het toe die vuurwapens uit die kluis gehaal en in ’n ongemerkte voertuig gevlug.

Die polisie het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om inligting te verskaf wat kan help om die verdagtes en vuurwapens te vind.

  • Bel ao. Walter Wait op 071 481 2939, of skakel die teenmisdaadnommer, 086 00 10111. Inbellers hoef nie te sê wie hulle is nie en die gesprek sal vertroulik hanteer word


Meer oor:  Rowers  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.