Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Porsche-bestuurder se familie nog nie opgespoor

Die polisie kon nog nie die naasbestaandes van die man wat Maandagmiddag by ’n verkeerslig aan die Oos-Rand doodgeskiet is, opspoor nie.

Kapt. André de Jager, polisiewoordvoerder, sê hy kan daarom nog nie die man (43) se naam bekend maak nie.

Die moordtoneel in Bedfordview, Johannesburg, waar ’n 43-jarige man in ’n blou Porsche-motor doodgeskiet is. Hy is naby die motor dood aangetref. Foto: Twitter

Die voorval het om 17:30 op die hoek van Van Buuren- en Kloofweg in Bedfordview gebeur.

Die man het in ’n blou Porsche by die verkeerslig stilgehou toe ’n motorfiets met twee mense daarop langs die motor stilgehou en op die bestuurder losgebrand het.

Die motorfiets het weggejaag en die man het by die Porsche uitgekruip.

Volgens De Jager het die polisie die man se lyk by die motor aangetref.

Die blou Porsche waarin ’n man Maandagmiddag in Bedfordview doodgeskiet is. Foto: Twitter

Hy sê die man se naam is bekend, maar hy kan dit nie bekend maak nie, omdat sy naasbestaandes nog in kennis gestel moet word.

“Hulle is oorsee en ons probeer nog om hulle op te spoor.”

De Jager sê dit kom voor of die man in die Porsche die mans op die motorfiets se teiken was. “Maar ek kan nie bevestig dat dit ’n huurmoord was nie. Ons is besig met die ondersoek.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Moord  |  Porsche  |  Bedfordview
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.