Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiehonde 2, verdagtes 0

Misdadigers in Port Elizabeth moet maar lig loop vir die lang “poot” van die gereg. Die vierpotige beamptes van die stad se honde-eenheid het vermeende inbrekers en kabeldiewe die afgelope 24 uur in die stof laat byt.

In die eerste voorval het sers. Volente Baatjies en haar hond, Jack, Donderdag omstreeks 22:00 gereageer op inligting dat kabeldiewe bedrywig is op die N2 oorkant die Baywest Mall.

Die pizzasous-winkel in Kaapweg, Port Elizabeth, waar die polisie Vrydag omstreeks 03:30 drie vermeende inbrekers opgemerk het. Al drie is uiteindelik aangekeer nadat die honde-eenheid se hulp ingeroep is. Foto: Verskaf

Hulle het op ses verdagtes afgekom wat besig was om kabels uit twee straatligte te verwyder. Baatjies en Jack het die verdagtes deur digte bosse benader.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê toe Baatjies naby die verdagtes was, het sy hulle beveel om stil te staan, maar hulle het in verskillende rigtings laat spaander.

Jack is losgelaat en het ’n 51-jarige verdagte aangekeer.

“Die straatligte is beskadig. Sowat 10 m ondergrondse kabel ter waarde van R3 000 is naby die straatligte gevind.

“Die verdagte is op ’n aanklag van diefstal aangekeer. Hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn,” sê Naidu.

In die tweede voorval het beamptes van die honde-eenheid en die Mountweg-polisiekantoor Vrydag omstreeks 03:30 drie vermeende inbrekers vasgetrek.

Volgens Naidu was die beamptes van Mountweg op patrollie in Kaapweg toe hulle mense gewaar in ’n winkel wat pizzasous maak. Toe die polisie daar stilhou, het die drie mans uit die winkel gehardloop.

’n Verdagte (36) is in hegtenis geneem, maar sy twee makkers het daarin geslaag om te vlug.

Die polisie het die hulp van Baatjies en haar kollega konst. Angelo Windvogel ingeroep. Die twee het met die polisiehonde Jack en Dorn gereageer.

Hulle het die twee verdagtes in 6de Laan, Newton Park, opgemerk. Hulle het nie gereageer op die polisie se bevel om stil te staan nie. Jack en Dorn is toe losgelaat en hulle het die verdagtes van onderskeidelik 20 en 30 jaar oud aangekeer.

Al drie vermeende inbrekers verskyn Maandag op ’n aanklag van huisbraak in die hof.

Jack het die afgelope agt maande altesame 21 verdagtes aangekeer.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Misdaad  |  Verdagtes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.