SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Poskantoor se werkers kry berading ná rooftog

Werknemers van ’n Bloemfonteinse poskantoor moes traumaberading ontvang nadat gewapende rowers op die poskantoor toegeslaan het.

Volgens lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, ondersoek hulle ’n saak van sakeroof nadat die Bainsvlei-poskantoor op die Abrahamskraal-pad Vrydag omstreeks 16:30 deur twee gewapende mans van ’n onbekende bedrag kontant beroof is.

Volgens Covane was ’n poskantoorwerker besig om geld te tel toe die mans skielik vuurwapens op haar rig en eis dat sy die veiligheidshek oopmaak.

“Een van die verdagtes het na haar toe geloop en die geld wat sy getel het gevat, waarna hulle gevlug het.”

Niemand is nog aangekeer nie.

Johan Kruger, woordvoerder van die poskantoor, het die voorval bevestig.

“Werknemers van die poskantoor het ná die voorval traumaberading ontvang. Hulle is geregtig op al die professionele hulp wat hulle nodig het om die voorval te verwerk.”

Volgens hom is geen soortgelyke voorvalle die afgelope ruk in die Vrystaat aangemeld nie. Kragtens die poskantoor se beleid, mag hulle nie die kontantbedrag wat gesteel is, bekend maak nie.

Meer oor:  Poskantoor  |  Bloemfontein  |  Gewapende Rooftog  |  Misdaad  |  Berading
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.