Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Posmeester help glo self sy poskantoor beroof

’n Posmeester, ’n buitelandse burger en ’n staatsamptenaar word onder meer betrek by die rooftog van sowat R720 000 by ’n poskantoor op ’n Oos-Kaapse dorp.

Die posmeester is na bewering die baasbrein agter die rooftog wat vroeër die maand by die poskantoor op Dordrecht afgespeel het.

’n Groot bedrag van dié gesteelde geld was vir die ontvangers van die spesiale Covid-19-noodtoelae bedoel, sê Weziwe Tikana-Gxothiwe, LUR vir veiligheid in die Oos-Kaap.

Die betrokke posmeester en sy vier medebeskuldigdes sou na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Dordrecht om borgtog aansoek gedoen het.

Die groep is vasgetrek kort nadat die rooftog op 2 September omstreeks 14:00 by die plaaslike poskantoor ontvou het.

Volgens kapt. Khaya Tonjeni, provinsiale polisiewoordvoerder, word beweer drie mans het die poskantoor beroof sowat ’n uur nadat geld op versoek van die posmeester by die poskantoor afgelewer is.

Die rowers het die veiligheidswag by die poskantoor oorrompel en sy wapen afgevat, waarna hulle geld by die poskantoor se werknemers geëis het.

Tikana-Gxothiwe sê sowat R600 000 is die dag afgelewer, maar die rowers het sowat R720 000 by die poskantoor gebuit.

Die volgende dag het die polisie se ondersoek hulle na Komani, sowat 75 km suid van Dordrecht, gelei, waar die eerste twee verdagtes in hegtenis geneem is. Een hiervan is ’n Burundees wat glo met ’n groot bedrag geld in sy besit betrap is.

Later dieselfde dag is ’n amptenaar van die departement van gesondheid, wat die rowers glo vervoer het, ook in Komani aangekeer. Volgens Tonjeni is meer as R250 000 se kontant, asook die vuurwapen wat by die poskantoor se veiligheidswag afgeneem is, in die amptenaar se huis gevind.

Die amptenaar het blykbaar aan die polisie erken dié geld is deel van die posmeester se aandeel van die rooftog.

Die betrokke posmeester en nog ’n verdagte is die volgende dag in hegtenis geneem.

Volgens Tonjeni het vier van die vyf verdagtes, onder wie die posmeester, reeds hul betrokkenheid by die rooftog beken.

Meer oor:  Poskantoor  |  Dordrecht
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.