Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Praktyk in Noupoort dalk gesluit ná derde inbraak

Die voorbestaan van ’n mediese praktyk in Noupoort in die Noord-Kaap is in die gedrang nadat daar vandeesweek vir die derde keer ingebreek is.

Die praktyk gaan heel moontlik ná die inperking noodgedwonge sy deure moet sluit.

Die inbraak Maandagaand was die derde in tien maande en die tweede in vyf weke, sê dr. Dorette Stander van dié praktyk. ’n Skootrekenaar wat ná die vorige inbraak vervang is, is nou weer gesteel.

Volgens Stander is die boosdoeners vermoedelik jeugdiges wat aan dwelms verslaaf is.

Almal wil weet hoekom ons nie ’n alarmstelsel of kringtelevisie aanbring nie, maar selfs dit gaan nie help nie. Niemand reageer op alarms nie en die kringtelevisie kan ook by die artikels gevoeg word wat gesteel kan word.

Sy sê met die laaste inbraak het die diewe die deur oopgebreek om in te gaan. Hulle is egter afgeskrik toe die alarm van die poskantoor afgegaan het.

Niemand het egter na die toneel uitgegaan nie.

Stander, ’n boorling van die dorp, woon in die distrik. Sy besoek die praktyk drie keer per week om na pasiënte om te sien.

“Almal wil weet hoekom ons nie ’n alarmstelsel of kringtelevisie aanbring nie, maar selfs dit gaan nie help nie. Niemand reageer op alarms nie en die kringtelevisie kan ook by die artikels gevoeg word wat gesteel kan word.”

Stander sê speurders het uitgekom nadat elke inbraak aangemeld is.

Sy sê met die eerste inbraak is die inbreker in die spreekkamer betrap.

“Maar met ’n inbraak vyf weke gelede, asook met Maandagaand se inbraak, kon die speurders en forensiese kenners geen vingerafdrukke kry nie. Die skuldiges het dus handskoene aangehad of kouse oor hul hande getrek.”

Volgens Stander is haar broer se praktyk wat hy destyds by hul pa oorgeneem het, in Mei 2002 afgebrand nadat boosdoeners dit met ’n petrolbom bestook het.

Sy sê hulle moet nou ná die inperking ’n besluit neem of dit nog die moeite werd is om aan te gaan met die praktyk.

“Dit is so frustrerend en onnodig.”

Meer oor:  Inbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.