SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Prasa-wagte begelei busse ná skietvoorval

’n Tweede busbestuurder van KwaZulu-Natal is binne twee weke ernstig gewond nadat daar op hom geskiet is.

In die jongste voorval is ’n bestuurder van die busdiens Autopax swaar gewond.

Volgens polisie-inligting het ’n onbekende man Maandag uit sy voertuig gespring en losgebrand op die bus. Die voorval het op die R56 gebeur naby die Eston-afdraai.

Kol. Thembeka Mbele, ’n polisiewoordvoerder, sê die 58-jarige busbestuurder is vier keer in die bors gewond.

Die man is na ’n plaaslike hospitaal gebring, sê Mbele.

Volgens die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sal veiligheidswagte Autopax-busse voortaan begelei.

Nana Zenani, Prasa-woordvoerder, het gevra dat enigiemand wat inligting het oor die voorval, die polisie moet kontak.

’n Saak van poging tot moord word by die Richmond-polisiestasie ondersoek.

In verlede week se voorval is ’n 31-jarige busbestuurder doodgeskiet deur ’n onbekende man wat hom voorgedoen het as ’n passasier van die bus.

Die “passasier” het ná die skietery uit die bus geklim, in ’n wagtende motor gespring en weggejaag van die toneel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.