Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Premier maan teen geweld teen vroue, kinders in N-Kaap

Hoewel daar die afgelope boekjaar ’n afname in geweld teenoor vroue en kinders in die Noord-Kaap was, het die premier steeds sy kommer oor die hoë voorkoms daarvan uitgespreek.

Geweld teen vroue het in die afgelope boekjaar in die provinsie met 5,1% afgeneem, met altesaam 279 minder klagte wat hieroor ontvang is.

Nomana Bloem, LUR vir polisie, paaie en vervoer, dr. Zamani Saul, premier, en lt.genl. Risimati Shivuri met die bekendmaking van die Noord-Kaap se jongste misdaadstatistieke. Foto: Verskaf

Altesaam 1 592 klagte van geweld teenoor kinders is aangemeld teenoor 1 700 in die vorige boekjaar. Dit is ’n afname van 6,4% teenoor die vorige jaar.

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het Dinsdag met die virtuele bekendmaking van die provinsie se misdaadstatistieke deur lt.genl. Risimati Peter Shivuri, die provinsiale kommissaris, sy kommer oor geslagsgegronde geweld uitgespreek, veral waar dit seksueel van aard is.

Hy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om saam met die polisie teen die euwels in hul gemeenskappe te veg.

Luidens die provinsie se statistieke het moord met 1,2% toegeneem, hoewel dit die afgelope dekade met 1,2% afgeneem het.

Waar daar in die 2010-’11-boekjaar 339 moorde aangemeld is, het daar in die huidige boekjaar slegs 326 moorde voorgekom.

Van dié 326 moorde is 162 met ’n mes gepleeg, tien met ’n vuurwapen, 15 met die vuis, voete, hande of tande, en ses deur die gebruik van ’n bottel.

Altesaam 54 minder veediefstalsake is aangemeld, terwyl motordiefstal en huisbraak met onderskeidelik 0,5% en 1,8% afgeneem het.

Daarmee saam het die Delportshoop-polisiekantoor se moordsyfer met 400% toegeneem, terwyl die kantore in Kagisho, Kimberley, Rosedale, Keimoes en Kakamas se moordsyfer met tussen 50% en 87,5% toegeneem het.

Verkragting het met 0,4% in die provinsie toegeneem, terwyl kontakmisdade, wat moord, poging tot moord, aanranding en roof insluit, algeheel met 1,7% afgeneem het. Ander seksuele misdrywe het met 0,8% toegeneem.

Altesaam 54 minder veediefstalsake is aangemeld, terwyl motordiefstal en huisbraak met onderskeidelik 0,5% en 1,8% afgeneem het.

Geen rooftogte by banke het in die provinsie voorgekom nie.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Kinders  |  Geweld Teen Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.