Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pretoria-pastoor vas omdat hy en makkers glo wil stroop

’n Pretoriase pastoor is Maandagnag saam met drie ander mans in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo vasgetrek weens vermoedens dat hulle wild wou stroop.

Die mans is nou in polisie-aanhouding, het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, gesê. Een van die verdagtes is in ’n jaagtog en oor-en-weer-skietery met die polisie gewond.

Volgens Ngoepe is vuurwapens en ammunisie soortgelyk aan dié wat stropers gewoonlik gebruik, in hul besit gevind. Dit het ingesluit ’n jaggeweer, knaldemper, mes en byl.

Die polisie weerhou die pastoor en ander verdagtes se name totdat hulle binnekort in die Hoedspruit-landdroshof sal verskyn op aanklagte van poging tot moord en sameswering tot onwettige stroping.

Ngoepe sê die vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat ’n plaaslike plaaswaggroep inligting gekry het dat ’n beweerde stropingsindikaat in die Hoedspruit-omgewing rondry. “Toe die verdagtes die polisie sien, het hulle in hul voertuig probeer vlug en op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet.”

Die polisie probeer nog vasstel of die verdagtes moontlik met soortgelyke vorige oortredings in die provinsie verbind kan word. – News24

Meer oor:  Moatshe Ngoepe  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.