Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pretoriase chirurg in sy huis geskiet

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en huisroof nadat ’n hart- en borschirurg Sondag in sy huis in Pretoria geskiet is.

Dr. Willem Roos (58), wat ’n spreekkamer in die Montana-hospitaal het en spesialiseer in kardiotorakale chirugie, is in sy huis in Waterkloofrif oorval.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê drie mans het om 11:30 toegang tot die huis verkry. Hoewel besonderhede oor die aanval min is, het Masondo bevestig dat Roos in die been geskiet is.

Sy vrou, wat ook tuis was, is nie in die aanval beseer nie.

Die aanvallers het die egpaar ook beroof van ’n vuurwapen, ’n plasmaskerm-televisie, ’n skootrekenaar en buitelandse valuta.

“Volgens ons inligting ry die verdagtes in ’n wit Nissan X-trail-voertuig. Die polisie stel ook ondersoek in oor hoe hulle toegang tot die woning verkry het,” sê Masondo.

Meer oor:  Pretoria  |  Poging Tot Moord  |  Geskiet  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.