Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Prokureur (38) beswyk aan skietwonde ná rooftog
Gerrit Stander (38) saam met sy dogter. Stander is noodlottig gewond in ’n rooftog by sy huis op ’n kleinhoewe in Plaston in die Witrivier-omgewing. Foto: Facebook

’n Prokureur van Mbombela in Mpumalanga is Maandagoggend op die operasietafel dood, nadat hy drie keer raakgeskiet is toe rowers toegeslaan het by sy huis op ’n kleinhoewe in Plaston in die Witrivier-omgewing.

Gerrit Stander (38) is in die vroeë oggendure in die teenwoordigheid van sy vrou en agtjarige dogter raakgeskiet tydens ’n skermutseling met ’n bende rowers, volgens die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Kol. Donald Mdhuli, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van roof en moord.

“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie,” sê hy.

Volgens Jacques Slabbert, GPF-lid wat ook namens die familie praat, het die rowers die hoewe se grensdraad geknip en die deur van die huis afgeskop om toegang te verkry.

“Gerrit en die rowers was in ’n skermutseling betrokke toe vyf skote afgevuur is. Drie skote het Gerrit getref, in die lewer, longe en arm.

Slabbert sê Gerrit se vrou, Yolandi, het alarm gemaak en Gerrit se broer, Christiaan, wat in ’n ander huis op dieselfde kleinhoewe woon, het hulle te hulp gesnel. Hy het het met sy broer na die hospitaal gejaag,” sê Slabbert.

Hy sê die rowers het met ’n televisiestel en juweliersware gevlug.

Meer oor:  Rowers  |  Gerrit Stander  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.