Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pta: 2 gesoek ná konstabel se skietdood

Die polisie in Gauteng is op soek na twee mans nadat ’n polisieman Maandag doodgeskiet en nog een gewond is.

Die twee konstabels van die Boschkop-polisiekantoor het omstreeks 01:00 ’n wit Volkswagen Polo sonder nommerplate op die N4-snelweg naby die Solomon Mahlangu-oprit in Pretoria afgetrek, sê brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder.

“Hulle het na die voertuig gestap toe twee mans uitklim en ’n geveg ontstaan waarin die konstabels geskiet is. Hul vuurwapens is in die proses afgevat.

“Die een konstabel is op die toneel dood en die ander een is in die been gewond.”

Hoewel die polisie se 72-uur-aktiveringsplan ná die skietvoorval in werking gestel is, word lede van die publiek met inligting oor die voorval gevra om na vore te kom en Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Meer oor:  Gauteng  |  Skietdood  |  Konstabel  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.