Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pta-metropolisie vang 13 van sy eie mense

Die Tshwane-metropolisie het die naweek saam met ander rolspelers 13 van sy eie lede in verband met korrupsieklagte in hegtenis geneem.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van Tshwane se metropolisiediens (TMPD), het Maandag in ’n verklaring gesê 11 lede is Vrydag gevang en nog twee later die naweek.

“Die inhegtenisnemings volg ná ’n ondersoek van twee jaar met die doel om korrupsie in die polisiëringsektor uit te wis,” lui die verklaring.

“Die TMPD was deel van die operasie en het gehelp met inhegtenisnemings waarby die Valke, die polisiediens, die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) en nasionale padverkeersowerhede betrokke was.”

Voorts sal Johanna Nkomo, hoof van die TMPD, ook briewe van voorneme om die lede te skors op hul beteken nadat hulle Dinsdag in die hof verskyn het.

Sy het ook gewaarsku dat hulle sal voortgaan met hul werk om korrupte lede uit die diens te verwyder.

Mahamba het bygevoeg nog inhegtenisnemings kan volg.

Meer oor:  Korrupsieklagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.