Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R1 m. glo betaal om Mihalik te vermoor

R1 miljoen.

Dit is glo wat adv. Pete Mihalik se twee vermeende huurmoordenaars en die man wat hulle volgens inligting gewerf het, betaal is.

Adv. Pete Mihalik met sy verskyning vir Jason Rohde in Rohde se verhoor in die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Adrian de Kock

Die twee vermeende moordenaars, Sizwe Biyela (26) en Nathi Khumalo (31), is elk glo R250 000 vir hul dienste betaal. Die middelman, ’n taxi-eienaar (35) van Bongweni, Khayelitsha, is glo R500 000 betaal. Die taxi-eienaar, wie se naam aan Netwerk24 bekend is, word nou deur die polisie gesoek. Hy het glo na Johannesburg gevlug.

Biyela en Khumalo is Dinsdag ure ná Mihalik se moord in hegtenis geneem deur speurders verbonde aan die bende-eenheid.

Die twee het Vrydag in die landdroshof in Kaapstad op aanklagte van moord, poging tot moord, onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn. Hul saak is tot Donderdag 8 November vir borgtoginligting uitgestel. Die twee word tot dan by die Seepunt-polisiekantoor aangehou.

Die staat het Vrydag gesê die kanse is groot dat indien hulle in die Pollsmoor-gevangenis aangehou word, hulle aangeval sou word.

Die staat het ook aangevoer dat die twee mans deel is van ’n netwerk of sindikaat wat saamgesweer het om Mihalik te vermoor.

Adv. Helene Booysen, staatsaanklaer, het aan die hof gesê dat een van die mans met ’n ernstige misdaad in ’n ander provinsie verbind word. Die man is uit op borgtog in die saak.

Nathi Khumalo

Khumalo staan in Eshowe in KwaZulu-Natal saam met ses ander mense tereg op aanklagte van moord. Die aanklagte hou verband met ’n moord in Junie vanjaar. Sy laaste verskyning in dié saak was op 23 Oktober.

Mihalik is Dinsdag kort ná 07:35 in Thornhillstraat, Groenpunt, ’n hanetree van sy twee kinders se skool, Reddam House Atlantic Seaboard, doodgeskiet. Sy vermeende moordenaar het hom twee keer in sy voorkop geskiet.

Hy is op die toneel dood. Sy seun (8) is in die voorval gewond. Hy sterk tans in ’n plaaslike hospitaal in die stad aan nadat ’n koeël wat in sy kakebeen vasgesit het, die naweek in ’n operasie verwyder is.

Biyela en Khumalo is glo albei huurmoordenaars van KwaZulu-Natal.

Hulle het volgens bronne verlede Maandag in Kaapstad aangekom en is glo die dag deur ’n bruin man rondgewys.

Sizwe Biyela Foto: Facebook

Volgens bronne met inligting is hul dienste deur die taxi-eienaar bekom. Die taxi-eienaar is glo deur die eienaar van ’n gewilde kroeg-klub in Gugulethu genader.

Die eienaar van die kroeg-klub het die taxi-eienaar glo in opdrag van ’n Kaapse sakeman met bande met die Kaapse onderwêreld genader. Die sakeman het glo gevra hoe die dienste van ’n huurmoordenaar sonder bande met die Wes-Kaap bekom kan word. Die voelers is glo al ’n geruime tyd gelede uitgesteek. Bronne het gister gesê ’n vennoot van die sakeman, iemand met bande in die uitsmytersbedryf, word ook by die aanslag op Mihalik betrek.

Die kroegeienaar dien nou glo tronkstraf vir gewapende roof uit.

Mihalik se begrafnis is vir Saterdag geskeduleer.

Meer oor:  Adv. Pete Mihalik  |  Huurmoord  |  Pete Mihalik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.