Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R1 m. se heroïen op Kaapstad-lughawe gevind
Doeanebeamptes het op sowat R1 miljoen se heroïen op die Kaapstad-lughawe beslag gelê, het die SAID Vrydag gesê.Foto: SAID

Heroïen met ’n geskatte waarde van sowat R1 miljoen is op die Kaapstad- internasionale lughawe gekonfiskeer, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Vrydag gesê.

Doeanebeamptes het glo ’n wenk ontvang en met die hulp van snuffelhonde pakkies met 3,254 kg van die dwelm gevind, luidens ’n verklaring van die SAID.

“Die heroïen is netjies weggesteek in drie pakkies in ’n reisiger se leertas. Hy sou van Kaapstad na ’n Sentraal-Europese land vlieg toe die dwelms gevind is.”

Luidens die SAID se verklaring is die dwelms aan die polisie oorhandig en is die man in hegtenis geneem.

Doeanebeamptes het pakkies met 3,254 kg heroïen op die Kaapstad-lughawe gevind.Foto: SAID
Beamptes van die SAID ondersoek die tas waarin die heroïen gevind is.Foto: SAID

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.