Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R1 m. se perlemoen in Kaapstad gevind
Die polisie het Woensdag beslag gelê op perlemoen ter waarde van R1 miljoen in Burgundy Estate in Kaapstad.

’n 45-jarige man sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Parow verskyn nadat perlemoen ter waarde van R1 miljoen Woensdag in sy besit gevind is.

Sers. Noloyisa Rwexana, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê lede van die blitspatrollie het Woensdag ’n wit Opel Corsa in De Wingerd-rylaan in Burgundy Estate in Kaapstad voorgekeer en op ’n vals kompartement tussen die agterste sitplek en kattebak afgekom.

“Die bestuurder van die motor het die polisie na sy eiendom geneem waar beslag gelê is op 2 064 stukke perlemoen ter waarde van R1 miljoen,” sê Rwexana.

Die polisie het ook beslag gelê op toerusting wat gebruik word om perlemoen te verwerk en te droog.

“Dié toerusting sluit groot kookpotte, gassilinders, waaiers, plastiekbakke en sakke sout in.

“Die verdagte sal in die hof verskyn op aanklag van die onwettige handel in perlemoen.”

Meer oor:  Burgundy Estate  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Perlemoensmokkel  |  Klopjag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.