Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R1 miljoen se tik in woonstel in Century City gevind
Die polisie het Saterdag op meer as 3 kg tik beslag gelê in ’n woonstel in Century City, Kaapstad, met ’n geraamde straatwaarde van R1,1 miljoen.Foto: SAPD

Die polisie in Kaapstad het Saterdag ’n vermeende dwelmhandelaar se woonstel in Century City deursoek en op tik van R1,1 miljoen beslag gelê.

Kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting gekry en vermoed dat die 49-jarige dwelmhandelaar die woonstel as sy “bergingsgeriewe” gebruik.

“Tydens die klopjag is daar op 3,15 kg tik beslag gelê en ’n aansienlike bedrag kontant in verskeie geldeenhede.”

Die man is hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die hof in Kaapstad verskyn.

Meer oor:  Century City  |  Misdaad  |  Klopjag  |  Dwelms  |  Tik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.