Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R1 miljoen vir inligting oor moord op Kinnear

Die organisasie Forensics for Justice het Sondag ’n beloning van R1 miljoen aangekondig vir enige tasbare inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van lt.kol. Charl Kinnear se moordenaars.

Forensics for Justice is gestig deur die privaat speurder en korrupsievegter, Paul O’Sullivan.

Sarah Trent van Forensics for Justice het gesê hulle het nog nooit so ’n groot beloning aangebied nie. “Maar ons besef as die polisie nie die saak gaan oplos nie, is Suid-Afrika verlore.”

Sy het gesê dat hulle nie net kan toekyk hoe goeie polisielede, mense wat elke dag hul lewens waag om Suid-Afrika veilig te maak, uitgemoor word nie.

“Wat met lt.kol. Charl Kinnear, een van Suid-Afrika se beste speurders gebeur het, mag nie weer gebeur nie. Kom hulle weg met die moord is ons verlore.”

Lt.kol. Charl Kinnear is Vrydag in ’n sluipmoordaanval voor sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis, vermoor.Foto: Verskaf

Mense met inligting kan dit aan sarah.trent@forensicsforjustice.org stuur. Trent het gesê dat alle en enige inligting vertroulik hanteer sal word en het die versekering gegee dat niemand die e-posse sal kan onderskep nie.

Kinnear is Vrydag voor sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte deur ’n onbekende man in ’n rooi-kappietop doodgeskiet.

Die man het hom meer as vyf keer geskiet en die meeste van die koeëls was in sy lyf.

Kinnear het pas by die huis gekom, sy oudste seun Carlisle (24) gebel en hom gevra om sy motor uit die oprit te trek sodat hy kan intrek.

Dertig sekondes later het sy seun skote gehoor. Sy pa het op die toneel in sy voertuig gesterf.

Navrae oor die beloning en of hulle die hulp verwelkom is aan brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, gerig. Hy het gesê hy sien Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, is aangehaal dat hy kennis daarvan ontken. "Ek weet ook niks oor dit nie," het Naidoo gesê.

kinnear
Die misdaadtoneel in Sidneyvale, Bishop Lavis, waar lt.kol Charl Kinnear, Vrydag doodgeskiet is. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Forensics For Justice  |  Paul O'sullivan  |  Charl Kinnear  |  Moord  |  Beloning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.