Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R16,5 m. se perlemoen uit stoorplekke gesteel

Perlemoen ter waarde van sowat R16,5 miljoen is die afgelope drie boekjare in gewapende rooftogte uit die staat se stoorplekke gesteel waar dit geberg is.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het Maandag dié inligting in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag deur Pieter van Dalen, DA-LP, verskaf.

Hy het gesê die rooftogte uit die pakhuise het op 29 Oktober 2015, 18 Desember 2017 en op 15 Mei vanjaar voorgekom.

Senzeni ZokwanaFoto: KARABO RAMMUTLA

Zokwana is ook uitgevra oor besonderhede oor staatsamptenare wat betrokke was by die verwydering van die perlemoen.

“Na ons wete was geen staatsamptenaar betrokke by enige van die diefstal-voorvalle nie. Die voorvalle is by die betrokke owerhede aangemeld. Alle kwessies is by die polisie aangemeld vir ondersoek.

“Na ons wete word geen staatsamptenare ondersoek en of is geen strafregtelike klagte gelê teen enige staatsamptenare wat met die vermelde voorvalle verband hou nie,” lui sy antwoord.

Geen toestemming is volgens Zokwana verleen vir die verwydering van die perlemoen nie en dit is ook nie weens enige amptelike doelwit verwyder nie – dit is gebuit as deel van gewapende rooftogte.

“Sou die polisie-ondersoek, wat nog aan die gang is egter daarop dui dat departementele amptenare betrokke was, sal die departement tugstappe doen,” lui Zokwana se antwoord.

Dié inligting kom minder as week nadat Zokwana wéér vir Mike Mlengana, direkteur-generaal (DG), geskors het. Mlengana is van sy magte gestroop nadat hy vir Siphokazi Ndudane, adjunk-direkteur-generaal van die departement se visserye-afdeling, te skors weens beweerde wanbestuur. Nadat Zokwana vir Mlengana geskors het, was Ndudane weer in haar pos.

Mlengana, wat vroeër ook geskors was, was sedert 23 April weer terug by die werk nadat die hooggeregshof bevind het dat sy aanvanklike skorsing onwettig en onreëlmatig was.

Annette Steyn, DA-LP, het verlede week gesê die DA vind Mlengana se skorsing “hoogs kommerwekkend” omdat dit kom nadat hy vir Ndudane onlangs geskors het vir haar “skynbare betrokkenheid by korrupsie wat verband hou met die onreëlmatige verwydering van perlemoen uit pakhuise van die regering” sowel as haar rol in die toekenning van “verdagte kontrakte en beweerde botsing van belange.”

Die Sunday Times het Sondag berig dat Zokwana aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf het om in te gryp in die geskil tussen hom en Mlengana. Khusela Diko, presidensiële woordvoerder, het egter nie Maandag op navrae in dié verband gereageer nie.

Meer oor:  Senzeni Zokwana  |  Perlemoen  |  Staat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.