Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R2 m. se dwelms in klopjag gevind

Die polisie in KwaZulu-Natal het Donderdagoggend douvoordag tydens klopjagte in Phoenix op dwelms met ’n straatwaarde van bykans R2 miljoen afgekom.

In dié intelligensiegedrewe operasie van lede van die polisie en Durbanse metropolisie is daar ook beslag gelê op vuurwapens, ammunisie en kontant.

Die dwelms waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf
Die emmers kapsules waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, sê die klopjagte is uitgevoer by persele wat as plekke geïdentifiseer is waar dwelms vervaardig en verpak word.

“2 4096 heroïen-kapsules, 809 kokaïen-pille, 1 068 Mandrax-tablette, 1,5 kg heroïenpoeier, vier sakke kokaïen, 287 Ecstasy-pille, drie tweerigtingradio’s, een ongelisensieerde vuurwapen en verskeie ammunisie is gevind.”

Zwane het gesê 25 emmers kapsules is ook gevind, sowel as heroïenverpakkingstoerusting.

“Die polisie het ook net minder as R60 000 in kontant gekry.”

Volgens Zwane sal die drie verdagtes tussen die ouderdomme van 30 en 48 Vrydag in die landdroshof in Verulam verskyn.

Meer oor:  Phoenix  |  Kwazulu-Natal  |  Klopjag  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.