Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R200 000-beloning aangebied ná kluis met juwele verdwyn

’n Beloning van tot R200 000 word aangebied vir inligting nadat juwele van miljoene rande uit ’n huis op Plettenbergbaai gesteel is.

“Die juwele was in ’n kluis wat ’n week gelede uit ’n huis in Cutty Sark-laan gesteel is,” sê Otto Olivier van die Plettenberg Bay Crime Prevention Association (PBCPA).

’n Lys van gesteelde items wys die kluis en onder meer ’n horlosie. Foto: Verskaf

Daar is vermoedelik tussen 13 en 16 Mei ingebreek terwyl die eienaar met vakansie was.

Die kluis is uit ’n muur gebreek en weggedra.

Volgens hom is baie van die juwele deur die vrou se oorlede man aan haar gegee. “Die juwele is al wat sy van hom oor het.”

Volgens Olivier bied die vrou se familie ’n beloning van tot R200 000 aan vir inligting wat sal lei tot die opsporing van die juwele en die suksesvolle vervolging van die skuldige of skuldiges.

Die inbraak is met die eienaar se terugkeer ontdek. Teen Donderdagmiddag is niemand nog aangekeer nie.

Onder die items in die kluis is ’n goue Rolex-horlosie met ’n diamant-wyser, pêrelhangertjies, ’n diamanthangertjie, ’n trouring en ander ringe, armbande, asook vier goue Krugerrande en ander waardevolle muntstukke.

Hy sê daar is nie foto’s van al die juwele beskikbaar nie, maar ’n video van die lys van items, wat tekeninge van sommige van die juwele, asook foto’s bevat, is op die PBCPA se Facebookblad beskikbaar.

Mense met inligting kan die PBCPA by 082 251 8134 bel.

Tekeninge van die juwele wat gesteel is toe ’n kluis uit ’n huis op Plettenbergbaai verwyder is. Foto: Verskaf
Op die lys is foto’s van een van die Krugerrande en ander waardevolle muntstukke wat in die gesteelde kluis was. Foto: Verskaf
Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Kluis  |  Beloning  |  Juwele  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.