Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R250 000-beloning vir inligting oor Polokwane-moorde

Die polisie in Limpopo het ’n beloning van R250 000 uitgeloof vir enigiemand wat inligting het oor waar ’n Zimbabwiër is wat glo betrokke is by die moorde op ’n sakevrou en haar ma van Polokwane.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het Woensdagmiddag gesê R250 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ’n man wat as Owen Setsiba/Makutara/Mbedzi bekend is.

Hy word gesoek weens die moorde op Lizette Deacon (55), eienaar van die Ocean Basket-restaurante in Mall of the North en in Savannah Mall, en haar ma, Hettie (79).

Die twee inwoners van Polokwane is twee weke gelede in hul meenthuis in die Alpetra-kompleks in Welgelegen oorval. Hulle is etlike kere met messe gesteek.

Owen Setsiba/Makutara/Mbedzi word deur die polisie in Limpopo gesoek weens die Deacon-moorde in Polokwane. Foto: SAPD

Lappe is styf om hul gesigte gedraai en hul hande is met kabelbinders vasgebind voordat hulle in Lizette se wit Honda-luikrugvoertuig geboender is.

’n Massiewe soektog deur die polisie, veiligheidsmaatskappye en buurtwagte het gevolg.

Die motor is ure later sowat 25 km buite Polokwane in die veld gekry. Die twee vroue was toe reeds dood. Die lykskouings het bevind hulle het versmoor.

Sophie Mmako (51), ’n jarelange huiswerker van hulle, is in hegtenis geneem. Sy en haar kêrel, Lazarus Mahlo (41), het glo geheul met Casper Mudau (35) en Advanced Amid (30), twee Zimbabwiërs, om die moorde te pleeg.

Die polisie vermoed Owen was glo ook betrokke. Enigiemand met inligting kan lt.kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 of sers. Phaladi Makola by 082 749 2233 bel.

Meer oor:  Lizette Deacon  |  Hettie Deacon  |  Polokwane  |  Beloning  |  Inligting  |  Moorde  |  Sakevrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.