Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R2K betoog teen geweld teen vroue en kinders

Die organisasie Right2Know (R2K) het Donderdag ’n lys met eise aan polisiekantore op die Kaapse Vlakte oorhandig as deel van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Die organisasie Right2Know betoog Donderdag by die polisiekantoor in Mitchells Plain teen geweld teen vroue en kinders. Foto: Verskaf

Die lys is by die polisiekantore in Manenberg, Mitchells Plain en Khayelitsha oorhandig.

R2K sê in ’n verklaring hy is bekommerd oor die hantering van sake wat met geweld teen vroue en kinders verband hou.

“Ons doen ’n beroep op die polisie om dié sake te prioritiseer om te verseker dat vroue en kinders in ons gemeenskappe veilig is.”

Die groep eis dat die regstelsel ook ander kwesbare groepe soos die LGBTIQ+-gemeenskap beskerm.

R2K het luidens die verklaring moontlike oplossings vir gendergeweld met die gemeenskap van Manenberg bespreek. Die eise sluit in:

* Die beskerming van vroue en kinders teen geweld en misdaad moet ’n prioriteit wees.

* Aktivisme teen geslagsgeweld moet vir 365 dae voortduur.

* Alle sake oor gendergeweld moet opgelos word.

* Polisiebeamptes moet naamplaatjies dra sodat hulle maklik geïdentifiseer kan word indien iemand ’n klag wil indien dat die polisie hul menseregte geskend het; en

* Sigbare polisiëring.

Die organisasie Right2Know saam met ’n polisieman by die polisiekantoor in Khayelitsha. Foto: Verskaf

Meer oor:  Right2know  |  Kaapse Vlakte  |  Mitchells Plain  |  Manenberg  |  Khayelitsha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.