Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R400 m. se kokaïen in skiboot op N1 gekry
skiboot, dwelms
Die polisie het inligting ontvang van ’n bakkie wat ’n boot sleep met dwelms in. Foto: Verskaf

Die Valke het Dinsdag suiwer kokaïen ter waarde van R400 miljoen gekry toe hulle 'n motoris in 'n bakkie op die N1 in Pretoria voorgekeer het. Die kokaïen was in 'n skiboot versteek.

Die owerhede het vroeër inligting oor die onwettige vrag ontvang.

Die 39-jarige bestuurder van die bakkie is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Lede van die Valke en die polisie het die man by die R21/N1-wisselaar, in 'n noordelike rigting, voorgekeer.

Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring wat Woensdagaand uitgereik is dat die boot deursoek is, waarna afgekom is op 800 kg se saamgeperste suiwer kokaïen met ’n geraamde straatwaarde van R400 miljoen.

Nog mense sal na verwagting in die verloop van die ondersoek oor onder meer die oorsprong van die dwelms in hegtenis geneem word.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die span geloof vir hul werk.

“Vandag (Dinsdag) se dwelmbeslaglegging het hierdie onwettige bedryf ’n knou gegee. Ons sal geen steen onaangeroer laat om die verspreiding van onwettige dwelms in die land te stuit nie.”

800 kg suiwer kokaïen is in ’n boot gevind wat ’n bakkie in Pretoria op die N1 gesleep het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Valke  |  N1  |  Pretoria  |  Dwelmhandel  |  Skiboot  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.