Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R50 000 staan nog vir inligting oor metro-inbrake

Die Johannesburg-metro het nog geen inligting oor die twee onlangse voorvalle van inbraak en diefstal in Midrand nie.

Só sê Lucky Sindane, metrowoordvoerder.

Die metro het dus nog nie die R50 000-beloning uitbetaal aan enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisname van die oortreders sal lei nie.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg. Foto: Netwerk24

Sowat twee weke gelede het tien misdadigers die sekuriteitsbeamptes by die kantore in Midrand vasgebind en rekenaars en ander goedere ter waarde van sowat R1 miljoen gesteel, lui ’n mediaverklaring van Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg.

“Die alarmstelsel is geaktiveer en ’n gewapende reaksiespan is ontbied. Die oortreders het die reaksiespan deur die kantore begelei en vertel dat niks fout is nie. Hulle het die gebou verlaat,” sê Mashaba.

“Daarna het ’n vragmotor opgedaag en die misdadigers het die goedere hierop gelaai voor hulle weggery het.”

In ’n ander voorval het die oortreders by die Rabie Ridge-biblioteek ingebreek en is met goedere van sowat R70 000 vort. Daar was glo geen sekuriteitsbeampte by die biblioteek tydens die inbraak nie.

Die metro bied R50 000 aan vir enige inligting wat tot die inhegtenisname van die oortreders sal lei.

“Die oortreders het in die verlede ongestraf opgetree en dié dae is verby,” sê Mashaba.

  • Indien jy inligting oor die voorvalle het, kan jy die 24uur-hulplyn by 0800 002 587 skakel of polisiekommissaris Shadrack Sibiya by 081 462 2939 bel of besoek die kantore van die forensiese ondersoekdienste in Braamfontein.
Meer oor:  Johannesburg-Metro  |  Herman Mashaba  |  Midrand  |  Diefstal  |  Inbrake  |  Polisie  |  Beloning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.