Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
FOTO'S: R500 m. se kokaïen op vissersboot gekry

R583 miljoen se kokaïen is op ’n vissersboot in die Saldanha-hawe in die Wes-Kaap gekry.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, is in ’n uitgebreide polisie-operasie Maandagaand op 973 blokke saamgeperste kokaïen beslag gelê toe die boot die hawe ingekom het.

Dit was in drie kompartemente van die vissersboot versteek.

Tien mans, vier van Bulgaarse afkoms en ses van Mianmar, is in hegtenis geneem.

Die klopjag is uitgevoer onder leiding van speurders van die dwelmafdeling van die Wes-Kaapse georganiseerde misdaadeenheid en het verskeie taakspanne ingesluit.

Volgens Potelwa moet die speurders nog vasstel van waar die dwelms afkomstig was en waarheen dit op pad was.

Die verdagtes verskyn binnekort in Vredenburg-landdroshof.

“Dit is ’n stap in die regte rigting om onwettige dwelmhandel hok te slaan.”

Foto's verskaf deur SAPS.

vissersboot,kokaïen
kokaïen
kokaïen, Saldanha
kokaïen, Saldanha
kokaïen, Saldanha
kokaïen, Saldanha
kokaïen, Saldanha

Meer oor:  Saldanha  |  Dwelmhandel  |  Klopjag  |  Kokaïen  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.