Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R6 m. se smokkel-sigarette in petroltenkwa gekry

Meer as R6 miljoen se smokkelsigarette wat in ’n petroltenkwa versteek was, is Maandag op die Beitbrug-grenspos in Limpopo gekry.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die sigarette was verpak in kartondose wat binne in die tenkwa versteek was.

Die bestuurder wou die grens vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika oorsteek toe die voertuig afgetrek is. Die polisie het dit deursoek en op die sigarette afgekom.

Twee buitelanders van 36 en 44 jaar oud is in hegtenis geneem.

Mojapelo sê daar is op 523 bokse met duisende sigarette met ’n geraamde waarde van meer as R6 miljoen beslag gelê.

Die petroltenkwa waarmee glo probeer is om sigarette vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika te smokkel. Die tenkwa is Maandag by die Beitbrug-grenspos in Limpopo deursoek. Foto: SAPD
Die polisie het die petroltenkwa afgetrek en deursoek, en op meer as 500 kartondose met duisende sigarette afgekom. Foto: SAPD
Die polisie het op 523 bokse sigarette beslag gelê. Foto: SAPD
Die polisie raam die waarde van die sigarette op meer as R6 miljoen. Foto: SAPD

Dit is die soveelste keer dat die polisie in Limpopo tydens die ramptoestand weens die Covid-19-pandemie en verbod op die verkoop van tabakprodukte op smokkelsigarette beslag lê.

Die twee mans sal eersdaags in die Musina-landdroshof op aanklagte van die onwettige besit van sigarette verskyn.

Verlede week is ’n 36-jarige man in Polokwane in hegtenis geneem terwyl hy na bewering besig was om gesmokkelde sigarette van die een voertuig na ’n ander oor te laai.

Hy het na bewering die polisie met R9 000 probeer omkoop.

Twee polisielede in Limpopo is ook die afgelope maand weens die onwettige besit van gesmokkelde sigarette in hegtenis geneem.

Meer oor:  Smokkelsigarette  |  Inperking  |  Petroltenkwa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.