Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R6,5 m se kreefsterte in Grabouw gekry
Die kreef wat die polisie op beslag gelê is.Foto: Verskaf

Die polisie in Grabouw het die naweek twee verdagtes in hegtenis geneem en op kreefsterte met ’n geskatte straatwaarde van sowat R6,5 miljoen beslag gelê.

Sers. Noloyiso Rwexana sê die polisie het Vrydag tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie op die kreef afgekom nadat hulle ’n wenk ontvang het.

“Die polisie het inligting ontvang oor ’n voertuig wat kreef vervoer en op die N2 gery het. Hulle het die voertuig opgemerk, gestop en deursoek. Die polisie het tydens die soektog op 12 807 kreefsterte en 377 hele krewe afgekom,” het Rwexana gesê.

Volgens die polisie sal die twee mans, onderskeidelik 43 en 50 jaar oud, Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die voertuig met die kreef.Foto: Verskaf
Die Kreef waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf
Meer oor:  Grabouw  |  Kreefsterte  |  Operasie  |  Intelligensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.