Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R8 m. se perlemoen in die Kaap gekry

Die polisie in die Wes-Kaap het op R8 miljoen se perlemoen beslag gelê toe daar op ’n onwettige verwerkingsfabriek in Rondebosch-Oos, Kaapstad, toegeslaan is.

Die ontskulpte perlemoen waarop die polisie in ’n huis in Rondebosch-Oos, Kaapstad, beslag gelê het.Foto: SAPD

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie se honde-eenheid is Dinsdagaand na die woonbuurt uitgeroep nadat bure gekla het oor ’n slegte reuk.

“Die polisie het omstreeks 21:30 op ’n huis in 5de Laan toegeslaan waar die reuk vandaan gekom het.”

Houers vol perlemoen waarop die polisie in Rondebosch-Oos beslag gelê het. Foto: SAPD
Kratte vol perlemoen in die huis waar die polisie Dinsdagaand toegeslaan het. Foto: SAPD

Rwexana sê daar was talle houers vol perlemoen, twee groot kookpotte en gasstowe wat aan ’n gassilinder gekoppel is.

’n Ander vertrek is as ’n droogkamer toegerus met rakke vol gedroogde perlemoen.

Groot potte met gasbranders daaronder waarin die perlemoen in ’n huis in Rondebosch-Oos, Kaapstad, gekook is. Foto: SAPD

“Die polisie het in nog twee ander vertrekke sakke en kratte vol gedroogde perlemoen gevind, en in buitegeboue toerusting soos gassilinders, vrieskaste, ’n skaal en sakke sout.”

Rwexana sê daar is op meer as 20 000 stuks perlemoen beslag gelê.

“Twee verdagtes van onderskeidelik 21 en 37 jaar oud is in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Athlone verskyn.”

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Rondebosch-Oos  |  Kaapsatd  |  Onwettige Verwerkingsfabriek  |  Perlemoen  |  Beslag  |  R8 Miljoen  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.