Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R8 m. se vermoedelik gesteelde ware in winkel gevind
In hul soektog na ’n duur gesteelde horlosie het lede van die blitspatrollie ook op hierdie vermoedelik gesteelde horlosies afgekom. Foto: SAPD

Blink klippies en duur horlosies.

Dit is waarop lede van die Maitlandse blitspatrollie Maandag in ’n pandjieswinkel in Kaapstad afgekom het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die lede het inligting van ’n gesteelde horlosie opgevolg.

Nie alleen het hulle op die gesteelde horlosie beslag gelê nie, maar in hul soektog ook afgekom op 51 ander horlosies wat vermoedelik ook gesteel is.

Hy sê die polisie het ook afgekom op edelgesteentes, waarvan sommige soos ongeslypte diamante lyk.

Lede van die blitspatrollie het ook op dié vermoedelik ongeslypte diamante en ander edelgesteentes in die pandjieswinkel afgekom. Foto: SAPD

Volgens van Wyk is 544 edelgesteentes gevind.

Hy sê die waarde van die items waarop beslag gelê is, word op sowat R8 miljoen geraam.

’n 45-jarige buitelandse burger is in hegtenis geneem. Die man sal Woensdag in die landdroshof in Kaapstad op ’n aanklag van die besit van gesteelde goedere verskyn.

Die gesteelde horlosie wat lede van die blitspatrollie aanvanklik in ’n pandjieswinkel in Kaapstad gaan soek en gevind het. Foto: SAPD
Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.