Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Raaisel oor skietery op plaas by Hoopstad

Dit is onduidelik wat Saterdagaand tot die oor-en-weer-skietery tussen ’n plaasbestuurder en mans in polisie-uniforms op ’n plaas by Hoopstad gelei het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê Janus (Boeta) Powell (37) is op die plaas Rietvlei doodgeskiet.

Janus (Boeta) Powell
Janus (Boeta) Powell is op die plaas Rietvlei naby Hoopstad doodgeskiet. Foto: FACEBOOK

’n Man geklee in ’n polisieweerkaatsingsbaadjie is ook dood op die plaas aangetref.

Thakeng wou nie kommentaar lewer oor of die aanvallers polisiemanne was nie omdat die ondersoek nog aan die gang is. ’n Grootskaalse soektog is na die groep mans begin.

Hy sê omstreeks 18:30 het vyf gewapende mans in ’n wit Toyota Camry by die plaas opgedaag.

Twee van die mans was in polisiedrag geklee.

Die mans het gesê hulle is van die polisie en is op soek na ’n verdagte wat nie vir ’n hofverskyning opgedaag het nie, waarna ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.

Powell het glo die plaashek vir die groep “polisielede oopgemaak toe hulle nie die voortvlugtende kon opspoor nie”.

’n Skietery het skynbaar by dié hek tussen Powell en die mans uitgebreek.

Thakeng sê met die polisie se aankoms op die toneel het die bebloede lyke van Powell en nog ’n man ’n entjie van mekaar af gelê.

Powell se vuurwapen word vermis.

Meer oor:  Hoopstad  |  Polisie  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.