Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Raaisel oor skietery wat jagter eis, vrou kritiek

’n Bekende beroepsjagter en sakeman van Modimolle in Limpopo het Dinsdagaand in raaiselagtige omstandighede op ’n luukse gholflandgoed gesterf.

Botes van der Merwe (46) is dood in ’n slaapkamer in sy huis in Guinea Fowlstraat in die Koro Creek Bosveld-gholflandgoed gekry.

Botes van der Merwe (46) en sy vrou, Chrisna. Foto: VERSKAF

Sy vrou, Chrisna (40), is met ’n skietwond in die maag aangetref en is met ’n ambulans na die St. Vincent-hospitaal in Bela-Bela geneem.

Sy is daarna met ’n noodhelikopter na die Unitas-hospitaal in Centurion gevlieg, waar sy in ’n bedenklike toestand in die waakeenheid van die hospitaal is.

Ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het gesê Van der Merwe het ’n skietwond aan sy kop gehad. Speurders is nog nie seker of hy homself met ’n 9 mm-pistool geskiet het nie.

Van der Merwe was ’n beroepsjagter en eienaar van die onderneming Botes Hunting Safari’s.

Chrisna en Botes van der Merwe van Modimolle. Foto: FACEBOOK

Findlay het gesê die polisie in Modimolle het Dinsdag omstreeks 22:00 ’n oproep oor ’n skietery in Koro Creek ontvang. ’n Ambulans is ook ontbied.

Volgens hom was daar geen tekens van ’n inbraak nie.

Die polisie het op twee 9 mm-pistole in die huis beslag gelê. Botes het ’n lisensie vir die een en Chrisna het ’n lisensie vir die ander een gehad.

Die polisie sal die pistole vir ballistiese toetse stuur.

“Dit sal kan bepaal met watter wapens die Van der Merwes geskiet is.”

Vriende het gister hul skok en ongeloof oor Van der Merwe se dood op Facebook uitgespreek.

Jane en Celine van der Merwe by hul pa, Botes. Foto: verskaf

KP van Dyk, ’n vriend van hom, skryf: “Botes, ou maat, ek wil dit nou nog nie glo nie. Jy sal voorwaar gemis word, hierdie is maar ’n bitter pil vir ons almal. Mooi loop, ou maat.”

Chrisna was sy tweede vrou.

Op Facebook is glimlaggende foto’s van hulle en “blessed” is by een van die foto’s geskryf.

Sy het ’n 16-jarige dogter uit ’n vorige huwelik wat saam met haar pa op vakansie is.

Van der Merwe word deur twee dogters uit sy eerste huwelik, Jane (18) en Celiné (21), oorleef.

Meer oor:  Chrisna Van Der Merwe  |  Botes Van Der Merwe  |  Vrou  |  Skietery  |  Jagter  |  Oorlede  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.