Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Raaiselagtige dood van meisie (13) van PE ondersoek

Die dood van ’n tienermeisie van Port Elizabeth word ondersoek nadat sy, haar broer en hul ouers die afgelope naweek siek geword het.

Die 13-jarige Tammy Ingram is Sondagoggend in die hospitaal dood, terwyl haar 15-jarige broer steeds behandeling in die hospitaal ontvang.

Na wat verneem word, het die gesin van Kabegapark Saterdagoggend omstreeks 03:00 by hul huis in ’n woonkompleks wakker geword terwyl hulle siek gevoel en begin braak het.

Volgens die polisie het die gesin ’n plaaslike hospitaal besoek waar die kinders opgeneem is vir behandeling.

Die ouers is ook by die hospitaal behandel, maar is later ontslaan.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Tammy is Sondagoggend dood, maar die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Naidu sê die polisie is Maandagoggend weer uit na die gesin se huis om ondersoek in te stel. Sy sê die lykskouing op die meisie sal moontlik duidelikheid bied oor die oorsaak van haar dood.

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Dood  |  Meisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.