Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Radio-omroeper se huis met petrolbom bestook

’n Saak van brandstigting word ondersoek nadat ’n plaaslike radio-omroeper se huis in Port Elizabeth met ’n petrolbom bestook is.

Die booswigte het Donderdag omstreeks 20:40 glo ’n petrolbom na Sash Mitchell se huis in Newton Park geslinger.

Na verneem word, het Mitchell gewerk toe sy honde begin blaf het. Hy het daarna ’n harde ontploffing by die voordeur gehoor.

“Hy het ondersoek ingestel en gesien sy voordeur is aan die brand. Hy het ook stukke van ’n glasbottel op die trappe aangetref,” het kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, gesê.

Niemand is in die voorval beseer nie, en die skade aan die huis moet nog vasgestel word.

Mitchell het by navraag gesê ’n saak is by die polisie aanhangig gemaak, maar hy het nie verdere kommentaar gelewer oor wat vermoedelik aanleiding tot die voorval gegee het nie, aangesien hy meen die situasie is in dié stadium te sensitief.

Janse van Rensburg het gesê die motief vir die aanval word nog ondersoek. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Die polisie in Port Elizabeth het Donderdagaand die huis van die omroeper Sash Mitchell in Newton Park afgesper terwyl hulle ondersoek ingestel het. Foto: Facebook
Skade wat weens die vlamme van ’n petrolbom aangerig is, kan tot by die huis se dak by die voordeur gesien word. Foto: Facebook

Meer oor:  Petrolbom  |  Sash Mitchell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.