Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rashied Staggie doodgeskiet: 12 skote deur motor se ruit

Rashied Staggie (60), leier van die Hard Livings-bende, is Vrydagoggend voor sy huis in Soutrivier in Kaapstad geskiet.

Die polisie het bevestig hy het aan sy wonde beswyk.

Daar is 12 skote deur die voorruit van die motor waarin hy was afgevuur.

Nog 'n skoot is deur die enjinkap en nog een het die passasierskant van die motor getref.

Rashied Staggie
Koeëlgate in die voorruit van die voertuig waarin Rashied Staggie was.

Staggie is na die Groote Schuur-hospitaal geneem.

Na wat verneem word is van sy bendelede van Manenberg en Mitchells Plain tans op pad na die toneel.

Die polisie se bende-eenheid en lede van die metropolisie is op die toneel in Soutrivier.

Rashied Staggie by die landdroshof in Kaapstad. Foto: Peter Abrahams/Argief

Die aanval op Staggie kom nadat 'n ander vermeende leier van die Hard Livings-bende Donderdag in Mitchells Plain doodgeskiet is.

Volgens bronne in die polisie is daar 'n oorlog aan die gang tussen die Hard Livings- en 28's-bendes.

'n Week gelede is 'n familielid van Ernie "Lastag" Solomon, vermeende leier van die 28's-bende, in die Paarl se Chicago-woonbuurt doodgeskiet.

Die slagoffer was 15 jaar oud.

Staggie was uit op parool toe hy in April 2016 op die N1 by Century City in hegtenis geneem is nadat daar drank, sigare en vuurwapens in sy konvooi luukse voertuie gevind is wat na bewering aan 'n diefstal in Cleveland, Johannesburg gekoppel kon word.

Die saak teen Staggie en drie ander mans is later teruggetrek.

Staggie is in 2003 altesaam 15 jaar tronkstraf opgelê vir die ontvoering en verkragting van ’n 17-jarige meisie.

Die volgende jaar is hy tot nog 13 jaar gevonnis vir wapendiefstal uit die polisie se arsenaal.

Meer oor:  Kaapstad  |  Rashied Staggie  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.