Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Recolin se familie wonder steeds wat gebeur het

’n Jaar sedert die raaiselagtige verdwyning en moord op Recolin Witbooi van Barcelona in Port Elizabeth, sit sy familie steeds met tergende vrae oor wat presies met hom gebeur het.

Recolin, toe agt jaar oud, se verdwyning op 6 Julie 2019 het die gemeenskap van Barcelona, en die breër Port Elizabeth tot in hul fondamente geskud.

Recolin Witbooi (8) van Barcelona in Port Elizabeth. Foto: SAPD

Hy het die dag van sy verdwyning saam met maats by ’n kloof in die omgewing van sy ouerhuis gaan visvang.

Die maatjies wat saam met hom was het destyds gesê hulle het vir Recolin naby die dam gelos.

Verdere ondervraging van sy maatjies deur die polisie en maatskaplike werkers het teenstrydighede opgelewer.

Daar is vir bykans drie maande lank uitgebreide soektogte gelas en belonings is aangebied.

’n Private speurder het op eie onkoste na Recolin begin soek voordat sy oorskot in ’n veld naby sy ouerhuis gevind is.

’n Inwoner van die gebied wat saam met sy hond gaan stap het, het op die oorskot afgekom en die polisie gekontak.

Toe DNS-toetse bevestig die oorskot is wel die van Recolin, was ’n tand, ’n nael, en ’n paar beendere, al wat sy ma, Zelda Witbooi, kon begrawe.

Sy het dit nietemin in ’n kissie gesit en hartseer van haar seun afskeid geneem.

’n Jaar later is Zelda steeds bewoë en is die vrae oor wat presies met haar seun gebeur het steeds onbeantwoord.

“My moederhart is steeds stukkend. Ek dink nie ek sal ooit weer dieselfde wees na wat gebeur het nie, maar ek moet steeds die ma wees wat my ander kinders verdien.

“Dit is moeilik. Daar is nie ’n dag wat verbygaan wat ek nie aan hom dink nie.

“Ek bid steeds dat die Here eendag, en op Sy tyd, die waarheid oor wat met ‘Colin’ gebeur het sal openbaar. Dit is net Hy wat die vertroosting en die genesing sal kan bring.”

Meer oor:  Recolin Witbooi  |  Port Elizabeth  |  Barcelona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.